Donker vloeistof

Donker vloeistof is in sterrekunde ’n alternatiewe teorie vir donker materie en donker energie tesame.[1][2] Volgens dié teorie is donker materie en energie nie aparte fisiese verskynsels nie en het hulle nie elk ’n eie oorsprong nie. Hulle kan beskou word as twee fassette van ’n enkele vloeistof met ’n negatiewe massa. Op galaktiese skaal tree donker vloeistof soos donker materie op, en op ’n groter skaal soos donker energie.

  1. Alexandre Arbey (2005) "Is it possible to consider Dark Energy and Dark Matter as a same and unique Dark Fluid? https://arxiv.org/abs/astro-ph/0506732"
  2. Alexandre Arbey (2006) "Dark Fluid: a complex scalar field to unify dark energy and dark matter https://arxiv.org/abs/astro-ph/0601274"

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy